Latest comments

In response to: Slegte Diens Ontvang Van Amkor konstruksie

Ben Schoonwinkel [Visitor]
Hi, ek kom nou op die artikel af "slegte diens ontvang van Amkor konstruksie". Dieselfde het met my gebeur. Ek moes ook R5000 deposito in hul rekening inbetaal voor ‘n braaier by my gebou sou word. Het dit betaal en daar is bevestig dat bouwerk 2 weke daarna sou begin. Dit was dieselfde storie. Bel vir Johan van Vuuren en daar word beloftes gemaak maar niks gebeur nie. Tot vandag toe wat al ‘n jaar later is het daar niks gebeur. Het ook die saak en dokumente aan my prokureer oorhandig om die deposito met rente terug te kry. Ek hoop die skelm lees die skrywes. Hy is ook op die klub kommitee van Irene draf klub waar ek die verwysing gekry het. Ons was ‘n klomp vriende wat daar aangesluit het en begin betrokke raak het aangesien ons nuut is in Centurion maar Johan van Vuuren het so ‘n slegte smaak in die mond gelaat da tons almal onttrek het van die klub. Kan net dink hoe gaan dit daar.
PermalinkPermalink 03/13/12 @ 15:56

In response to: VERBRUIKERS EN VERSKAFFERS - ONTHOU HIERDIE DRIE VERBRUIKERSREGTE - EERSDAAGS HIER!

Ryno [Visitor]
Helo Peter kan jy my dalk help, ek het nie eers n maand terug virmy a tablet by htc in vodaworld gekooo,ek het baie probleme met die ding, ek wil weet het ek die reg om die tablet terug te vat dat htc vir my n nuwe tablet moet gee? Asb dit drigend
PermalinkPermalink 02/17/12 @ 09:57

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

peter [Member]
Hi Tommie

Probeer die volgende nommers

Die Nasionale Huisbouers registrasieraad help verbruikers wat 'n dispuut met 'n bouer het.

0800-200-824

http://www.mindm.co.za/www.nhbrc.org/

Groete

peter
PermalinkPermalink 02/08/12 @ 07:59

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

Tommie [Visitor]
Goeiedag

Ek wil graag verneem of u my kan raad gee i.v.m. die volgende.
Ek het `n kontrakteur gekry om herstel- en verfwerk aan ons dak te doen. Die kwotasie het nie sleg gelyk nie, maar ek moes `n 60% deposito betaal wat nogal `n redelike stewige bedrag was. Die man het toe die werk kom doen en was so 2 weke besig. Saterdag (4/2/12) beweer hy die werk is klaar. Toe ek hom aanvat deur hom op sy brouwerk te wys, want dit is regtig swak gedoen en voorbereidingswerk is nie reg gedoen nie, het hy kwaad geword en gesê dat hy dit oor 2 weke sal kan kom oordoen.
Ek is glad nie tevrede met sy verfwerk nie en sy werkers het ook gebrou met die aanbring van sommige van die geute. Hy is nie iemand van die straat af nie, maar het selfs `n webwerf en adverteer as iemand met 30 jaar se ondervinding op die terrein en meer as `n 1000 tevrede kliënte. Is daar `n raad of inspekteur waar ek dit kan aanmeld, wat dalk die werk kan kom inspekteer en wat doen ek as hy nie terugkom nie. Ek het hom per epos laat weet dat ek nie die res gaan betaal alvorens di werk bevredigend oorgedoen gaan word nie.

Baie dankie
Tommie
PermalinkPermalink 02/07/12 @ 15:06

In response to: Ek het jou raad nodig.Het n nuwe car gekoop(TATA INDIGO 1.4 DLX S/W)met n 3jaar/100000km waarborg

peter [Member]
Hi Lizaan

Kontak die volgende nommers vir help


Die Kleinhandel motorbedryforganisasie kyk na oneerlike motor handelaars en swak diens by handelaars of garages.

011-886-6300

www.rmi.org.za

U kan ook die volgende (Motor Industry Ombudsman of South Africa)Vir meer inligtingbesoek hul webwerf www.miosa.co.zaskakel 0012 841 2945faks 012 841 2842 of stuur ’n e-pos na mi.ombudsman@netactive.co.za.

of

* Eastern Cape 045 808 4000
* Free State 051 400 4852
* Gauteng 011 355 8000
* KwaZulu-Natal 031 310 5300
* Limpopo 015 293 8300
* Mpumalanga 013 752 3761
* North West 018 387 7700
* Northern Cape 053 839 4000
* Western Cape 0800 007 081

Groete

Hoop jy kom reg
Peter



PermalinkPermalink 02/07/12 @ 14:48

In response to: Ek het jou raad nodig.Het n nuwe car gekoop(TATA INDIGO 1.4 DLX S/W)met n 3jaar/100000km waarborg

Lizaan van Vuuren [Visitor]
In Desember 2011 het ons 'n tweedehandse motor gekoop (Toyota Corola 1.6 - 2009 model) by 'n Toyota handelaar op ons naaste dorp. Nou wil ons die kar inruil op 'n ander voertuig, en het die kar na 'n ander voertuig handelaar geneem in Port-Elizabeth om die kar deur te kyk vir 'n waardasie. Daar is toe aan ons verskeie foute uitgewys aan die kar, as gevolg van 'n ongeluk waarin die kar was voordat ons dit gekoop het, en waarvan ons geen kennis gedra het nie! As gevolg van al die foute aan die kar, is die kar se waarde met R30 000.00 verminder. My man het met die eienaar van die handelaar waar ons die kar gekoop het, telefonies in verbinding probeer tree, maar sonder enige sukses. Elke keer as hy bel, word daar net vir hom gesê die eienaar sal hom terugbel. Dit is nou al vele tevergeefse oproepe later, en ons is nogsteeds nie nader aan 'n oplossing nie. Wat staan ons te doen?
PermalinkPermalink 02/07/12 @ 07:51

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

Ernst [Visitor]
Baie dankie. Net om al die vrae te lees, het ek self nie eers nodig om n vraag te vra nie. Het nou genoeg inligting om die probleem wat ek het met die koop van n splinter nuwe voertuig wat binne drie dae van ontfangs gebreuk het, te beveg.
Groete Ernst
PermalinkPermalink 02/06/12 @ 21:27

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

peter [Member]
Hi Annaline

Ongelukkig is n kontrak n kontrak , maar ons is darem mense ook , praat met die prokureur en verduidelik
julle situasie , miskien voorsien bewyse dat die besigheid afgeneem het , en dat julle nie voorsien
het dat dit sou gebeur nie, endien daar geen genade van hulle kant is nie , sal julle moet regsadvies kry

Julle kan ook die volgende nommers skakel vir moontlike hulp
* Eastern Cape 045 808 4000

* Free State 051 400 4852

* Gauteng 011 355 8000

* KwaZulu-Natal 031 310 5300

* Limpopo 015 293 8300

* Mpumalanga 013 752 3761

* North West 018 387 7700

* Northern Cape 053 839 4000

* Western Cape 0800 007 081


Groete


Hoop jy kom reg






            
PETER

PermalinkPermalink 02/02/12 @ 15:39

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

peter [Member]
Hi Charmaine

Jy kan die kontrak kanselleer binne sewe dae nadat dit aangegaan is , ek self kan jou nie regs advies gee nie ,
Ek het hierdie blog net op die lyn om vir mense inligting te gee as hulle n probleem het ,maar skakel die volgend mense in jou area:
As ek jou goeie raad kan gee moet nooit dadelik n kontrak sluit wanneer n verkoopsman jy kom sien nie , se vir hom jy sal eers daaroor dink , want hy weet as jy dit se gaan jy nie koop nie , hy moet jou onmiddelik kry om dadelik te koop, en sou jy dan nie dadelik koop nie sal jy later besef jy het dit nie werklik nodig nie. Verkoop mens weet as hy n koper onverwags vang en n baie mooi prentjie skilder van sy produk is die kanse groot dat die koper dadelik sal koop , maar as die koper eers se hy wil daar oor dink weet die verkoper die kanse is skraal dat die koper sal terugkom . Dit is n sielkundige ding by mens. Dus moet nooit n besluit dadelik neem as daar n bevarker of verkoopsman na jou kom nie. Gewoonlik as n mens iets wil he sal jy self navra doen en dan koop , dit werk die beste

* Eastern Cape 045 808 4000

* Free State 051 400 4852

* Gauteng 011 355 8000

* KwaZulu-Natal 031 310 5300

* Limpopo 015 293 8300

* Mpumalanga 013 752 3761

* North West 018 387 7700

* Northern Cape 053 839 4000

* Western Cape 0800 007 081


Groete


Hoop jy kom reg



Peter
PermalinkPermalink 02/02/12 @ 15:34

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

Charmaine [Visitor]
Hi Peter,

Ek het raad nodig asseblief. My man het in November 'n Easy Holiday kontrak geteken in Blouberg nadat ons genader is deur 'n bemarker wat toe die punte stelsel aan ons verduidelik het. Ons het na die verduideliking en nadat ons vele kere genoem het dat ons nog skoolgaande kinders het, ook genoem dat ons nie die 60 punte kan bekostig nie. Hy het toe sy bestuurder nader geroep wat toe vir ons 40 punte se kostes uitgewerk het, en ons het albei gedink dit klink goed. Ons het ook 'n gratis 7 dae vakansie gewen.... wat toe net buite seisoen gebruik kan word.... dit het ek uitgevind toe ek die booking wou maak. Ons het ook nadat ons begin kyk het na die beskikbare tye van die jaar om te kan bespreek, gesien dat ons slegs buite vakansie seisoene kan boek. Dit is net nie vir ons moontlik nie... so ons het besef dat dit 'n massiewe uitgawe is vir iets wat ons nooit sal kan gebruik nie. Ek het 'n e-pos aan hul hoofkantoor gestuur en gese ons wil graag kanselleer omdat dit wat aan ons "verkoop" is en dit wat ons kry, nie ooreenstem nie. Hulle weier om die kontrak te kanselleer en se dat dit 'n bindende kontrak is, en ons verantwoordelik is vir alle gelde, wat R5000 jaarlikse admin koste insluit en 'n maandelikse paaiement van oor die R700. Wat ek graag wil weet, is of die kontrak wel geldig is as ek nie dit saam hom onderteken het nie? Ons is binne gemeenskap van goedere getroud. En tweedens, is daar nie 'n FICA wet wat se dat mens alle finansiele inligting en bewys van adres moet gee wanneer daar in 'n kontrak ooreenkoms gegaan word nie? Hulle wil nou per e-pos 'n volledige lys van inkomste en uitgawes van ons he, afskrif van ons huweliksertifikaat, 3 maande se bankstate, ens. ens.... wat ek nie wil verskaf nie... want ek wil nie dit gee en dan ons kanse om hierdie ooreenkoms te kanselleer nog verder verswak nie. Help asseblief, wat staan ons nou te doen?
PermalinkPermalink 02/02/12 @ 09:14

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

Annaline [Visitor]
HI Peter,
My man het 'n klein winkel in 'n nywerheids gebied. In 2010 het hy navraag gedoen oor 'n ATM vir die winkel en het toe een laat insit. Ongelukkig het besigheid so afgegaan oor die laaste jaar (met al die besighede wat toe gemaak het) en kontant vloei is onder druk. Die ATM werk jy moet alle kontant voorsien in die masjien en jy betaal maandeliks tussen R6-800 (per debiet order) trekkers betaal vanselfsprekend die diensfooie. Hy het ongelukkig 'n kontrak met die mense geteken moet ek by se! TOe die masjien nie meer die moeite werd raak nie het hy die rep gekontak en verduidelik (wat ook gebeur is mense trek geld, wat jy die masjien voorskiet, en koop nie noodwendig goed by die winkel nie - so jy raak 'n tipe van 'n bank)Met 'n geskukkel is die masjien uitgehaal hulle het my man gedreig met 'n R20 000 boete vir kontrak breuk en nou het die prokureurs brief gekom - kan ons dit teenstaan?

Groete
Annaline
PermalinkPermalink 02/02/12 @ 08:42

In response to: VERBRUIKERS EN VERSKAFFERS - ONTHOU HIERDIE DRIE VERBRUIKERSREGTE - EERSDAAGS HIER!

peter [Member]
Hi Jan-Hendrik

Ek verstaan jou probleem , ek self is n motor wertuigkundige wat my eie werks winlkel het , dit is so as
jy van die import engine koop moet jy dit aanpas om by jou voertuig te pas , baie gevalle is daar baie ding wat
verander moet word. Dit is n helese probleem in hierdie land sien hier http://petertuneup.co.za/blogs/blog1.php/2011/04/20/faulty-izuzu-d-transmission waar ek n Izuzu gearbox
gekoop het van hierdie import mense , hulle se dit was n nuwe box, maar toe ek dit oop is die 5de rat gestrip

Ek sal jou aanraai sien dadelik jou prokureur , jy kan ook die volgend mense skakel
Die Kleinhandel motorbedryforganisasie kyk na oneerlike motor handelaars en swak diens by handelaars of garages.

011-886-6300

www.rmi.org.za

U kan ook die volgende (Motor Industry Ombudsman of South Africa)Vir meer inligting, besoek hul webwerf www.miosa.co.za, skakel 0012 841 2945, faks 012 841 2842 of stuur ’n e-pos na mi.ombudsman@netactive.co.za.


of


* Eastern Cape 045 808 4000

* Free State 051 400 4852

* Gauteng 011 355 8000

* KwaZulu-Natal 031 310 5300

* Limpopo 015 293 8300

* Mpumalanga 013 752 3761

* North West 018 387 7700

* Northern Cape 053 839 4000

* Western Cape 0800 007 081


Groete


Hoop jy kom reg


            
PETER

peterap@mweb.co.za

http://www.petertuneup.co.za/

078 031 0577

011 664 6534

fax :086 607 9654

If you want to know more about Christ living in you

go to http://www.christuslewe.co.za/

Want to eat healthy or diet go to http://www.healthy-eating-dieting.thelotofstuff.com/

For all Your Software needs go to http://www.thelotofstuff.com/

For food nutritionals go to http://www.mannapages.com/foodsupplements/



PermalinkPermalink 02/01/12 @ 16:30

In response to: VERBRUIKERS EN VERSKAFFERS - ONTHOU HIERDIE DRIE VERBRUIKERSREGTE - EERSDAAGS HIER!

peter [Member]
Hi Mnr vd Merwe
Die Kleinhandel motorbedryforganisasie kyk na oneerlike motor handelaars en swak diens by handelaars of garages.

011-886-6300

www.rmi.org.za

U kan ook die volgende (Motor Industry Ombudsman of South Africa)Vir meer inligting, besoek hul webwerf www.miosa.co.za, skakel 0012 841 2945, faks 012 841 2842 of stuur ’n e-pos na mi.ombudsman@netactive.co.za.


of

* Eastern Cape 045 808 4000
* Free State 051 400 4852
* Gauteng 011 355 8000
* KwaZulu-Natal 031 310 5300
* Limpopo 015 293 8300
* Mpumalanga 013 752 3761
* North West 018 387 7700
* Northern Cape 053 839 4000
* Western Cape 0800 007 081

Groete

Hoop jy kom reg


peter
PermalinkPermalink 02/01/12 @ 16:19

In response to: VERBRUIKERS EN VERSKAFFERS - ONTHOU HIERDIE DRIE VERBRUIKERSREGTE - EERSDAAGS HIER!

hp van dermerwe [Visitor]
YES EK HET N BOBO GEKOOP FORDBANTAM 1300 BY FILIP MOTORS IN VEREENIGING HET ONGELUKIG DIT KONTAND GE KOOP NIE FOETSTOOTS NIE PROBLEEM BEDRAADING WAS N GEMORS VOOR HOOF LIG WAS GEBREEK HANDREM WERKNIE AERCONHET NIE GEWERK GEEN SPAARWIEL MAAR DIT HET BLYKBAAR DEUR DIE TOETS HETAL AMPER AL DIE PROBLEEME UIT GE SORT EK HET DIE MNR FILIP BY FILIPMOTORS GE BEL NIE BAIE BEHULPSAAM NIE DIE MAN HET MOS KLAAR SY GELD GEKRY WAT MOET EK DOEN EK HET HOM IMERS VERTROU
PermalinkPermalink 01/31/12 @ 22:26

In response to: VERBRUIKERS EN VERSKAFFERS - ONTHOU HIERDIE DRIE VERBRUIKERSREGTE - EERSDAAGS HIER!

Jan-Hendrik Beetge [Visitor] · http://www.flifilms.com
Hi Peter.

Ek het so twee weke terug 'n ingevoerde engin vir my Hilux by Mr Engine (http://www.mrengine.co.za/) in Johannesburg gekoop. Ek het spesifiek by hulle gekoop omdat hulle 'n maand waarborg op die engin sit. Ek het die engin Pretoria toe gestuur waar my mechanic (goed gekwalifiseerd en baie betroubaar) die engin begin insit het in my bakkie. Die engin was wel outomaties en moes ons die nuwe engin laat aanpas het wat hom sou laat pas deur parte van my ou engin te gebruik. Dit alles was nog fine en 'n normale deelvan die proses en my mechanic het gese dit is geen probleem nie. Toe die engin klaar is het ons met hom gaan ry maar dit wou nie meer as 50km/h ry nie. Ons het dit toe na 'n diesel deskundige toe gevat en hy het gese die engin se crankshaft is besig om te breek en dat die engin nie in 'n goeie kondisie is nie.

Ek het dadelik Mr Engine gebel en gese ek stuur die engin terug en dat ek my geld terugsoek want die engin se crankshaft is besig om te gaan en nadat hulle eers geweier het, het hulle ingestem om dit wel te doen. Toe ek wel weereens op my courier onkostes (en die onkostes om weer die engin uit te haal) aangegaan het en die engin by hulle gekry het, het hulle gese ons het die engin gestrip en hulle weier nou om my geld terug te gee en se ek moet hulle hof toe vat. Ja die engin moes op plekke losgeaak geword het om in die eerste plek in my bakkie te kon pas, maar nou se hulle dit is ons wat hulle engin gestrip het wat absoluut belaglik is.

Terwyl ons daar was, was daar vier ander mense met die selfde probleem en hulle weier net om enige iets daaraan te doen.

Die engin het my R22500 gekos met nog R7000 se arbeid om die engin te laat pas en nog R800 se courrier kostes, so hierdie is nie 'n klein probeem nie. Wat staan my te doen? Ek sit nou sonder enige kar en het nie geld om iets anders te kan doen nie.

Kan jy asseblief raad gee?
Baie dankie!
Jan-Hendrik Beetge
PermalinkPermalink 01/31/12 @ 21:44

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

Ilse Beer [Visitor]
Hi Peter
Ons het Saterdag 'n bakkie gaan koop by 'n privaat ou. ons het in die Kaap aangekom en die man het ons kom oplaai,daar is toe fout met die bakkie, wil nie start nie, mar ons moenie worry nie, ons gaan gou vir julle 'n nuwe battery insit. So is dit nie battery nie,maar die starter,wat hy toe vervang.Ons is toe weg. ons was aan die onderpunt van die Sir Lowrys pas toe my man opmerk dat die bakkie warm is-ons stop toe dadelik,bel die man,hy sê sy vrou bring vir ons water.moenie verder ry nie, wag net daar! ons maak toe so.water ingegooi en ons (stupid) ry verder = ons woon 800km verder! toe ons op volgende dorp kom, is ons na Silverton radiators, want my man sien toe radiator lek,die man, goeie man, sê toe mar hy gaan nie aan ons 'n radiator verkoop nie, moet eers uitvind hoekom dit lek, doen toe 'n gastoets - wat dadelik verkleur het (jy weet mos die blou water raak geel as daar fout is) hy se toe dis of 'n gasket of die top is gekraak. gee ons toe water en ons ry verder.die verkoper wil ons nie glo dat top vermoedelik gekraak is nie, ons moet bakkie vat na iemand. nou wil ek weet, kan ons hom verantwoordelik hou om daarvoor te betaal of moet ons net vir hom sê ons wil ons geld terug hê, hyt kan sy bakkie kry. Is daar 'n wet wat ons beskerm? Ons was nog nie eers 100 km uit Kaapstad uit nie, toe staan ons langs die pad. dit kan mos nie so werk nie Help asseblief.
PermalinkPermalink 01/30/12 @ 20:25

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

peter [Member]
Hi Marisa

Bel die nommer in jou area , hulle behoort jou te kan help , indien nie kan jy altyd na die klein eise hof to gaan

* Eastern Cape 045 808 4000

* Free State 051 400 4852

* Gauteng 011 355 8000

* KwaZulu-Natal 031 310 5300

* Limpopo 015 293 8300

* Mpumalanga 013 752 3761

* North West 018 387 7700

* Northern Cape 053 839 4000

* Western Cape 0800 007 081


Groete


Hoop jy kom reg


peter
PermalinkPermalink 01/26/12 @ 14:11

In response to: DIENS-WAGHONDE

peter [Member]
Hi Jacques

Bel die nommer in jou area vir hulp

* Eastern Cape 045 808 4000

* Free State 051 400 4852

* Gauteng 011 355 8000

* KwaZulu-Natal 031 310 5300

* Limpopo 015 293 8300

* Mpumalanga 013 752 3761

* North West 018 387 7700

* Northern Cape 053 839 4000

* Western Cape 0800 007 081


Groete


Hoop jy kom reg


peter
PermalinkPermalink 01/26/12 @ 14:06

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

peter [Member]
Hi Thinus

Ek weet nie eindelik van iemaand wat afrikaans kan praat by die departemente nie , maar jy kan altyd vra vir iemand wat jou kan help in afrikaans.

probeer die volgende nommers vir jou probleem

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika is die reguleerder vir die Suid-Afrikaanse kommunikasie-, uitsaai en pos dienssektor. Hulle kan help met klagtes oor Telkom en selfoondiensverskaffers.

021-431-9800

www.icasa.org.za

of


* Eastern Cape 045 808 4000

* Free State 051 400 4852

* Gauteng 011 355 8000

* KwaZulu-Natal 031 310 5300

* Limpopo 015 293 8300

* Mpumalanga 013 752 3761

* North West 018 387 7700

* Northern Cape 053 839 4000

* Western Cape 0800 007 081


Groete


Hoop jy kom reg




peter
PermalinkPermalink 01/25/12 @ 07:58

In response to: UITBUITERS JUL DAE IS GETEL

Thinus [Visitor]
Hi Peter
Ken julle iemand by die departement van handel en nywerheid se Nasionale Verbruikerskommissie wat mens in Afrikaans kan help? Ek het 'n probleem met Mnet/multichoice se versekering. Ek was nie bewus van die versekering wat ek op 'n decoderder gehad het nie, lang storie kort te maak, het ek nou versekering vir 10 jaar betaal op iets wat nie bestaan nie!!!! Dit is net nie vir my aanvaarbaar nie.

Groete
Thinus
PermalinkPermalink 01/24/12 @ 22:09