Swak Vakmanskap Deur Distributor Reconditioning Centre - Midrand

Ek wil net hiermee al my vriende wat ook motorwerktuigkundiges is waarsku teen die bogenoemde. Ek was lank n klient van Distributor Reconditioning Centre,Ek het n probleem met n nissan Almera se ECU gehad. Die kar se coils het geblaas en die eienaar van die voertuig het nog lank so gery , en in die geval van hierdie voertuig as iemand lank so ry kan dit die ECU beskadig. Ek het die ECU na Distributor Reconditioning Centre gestuur om dit te herstel , ek het geduldig gewag en dit eindelik gekry. Wat n skok die ECU werk nie , ek skakel toe en die eienaar se die ECU het gewerk , dit het in soortgelyke voertuig gewerk. Sy werker wat dit herstel se ek het hom geskakel en gese die kar is reg en hy loop. Wel dit is die eerste leuen want ek het 3 ander getuienisse dat ek nie gebel het nie , ek het wel geskakel om uit te vind of hulle n coil het.

Die eienaar kom haal die ECU by my self af , na n lang gesukkel om die ECU tureg te kry , was dit nodig vir my om self na MIdrand toe te ry vanaf Witpoortjie om die ECU te kry (HOOP HY IS REG). Ek het die ECU gekoppel aan die voertuig en dit is weer foutief , hierdie keer met ander foute. Hulle beskuldig my ek het die ECU beskadig of dit is die voertuig wat dit doen , want hulle het die ECU op n voertuig in hulle werkswinkel getoets. Ek het weer tureg gery met die hoop hulle sal hom nou reg kry , wel ek is weer tureg met n foutiewe ECU. Ek besluit ek sal met die voertuig ry na sy werkswinkel en dan wag dat hulle dit herstel ( Ek het met 3 cylinder gery , een het nie gevuur nie), daar gekom , wat sal ek sien , daar is geen Almera in sy werkswinkel nie.(Leuen no 2)

Die persoon wat aan die ECU werk het ook erken , hulle het nie n voertuig om dit te toets nie , dit wil ook voorkom hulle het ook nie n toetsbank het om dit te toets nie , hulle moet n voertuig gebruik. Wel vanaf 10.vm tot 3nm het hulle seker die ECU 6 keer gekoppel aan die voertuig maar dit was elke keer foutief , dit was ook duidelik , hulle haal ou goed uit ander ECU's en probeer dit in my Almera se ECU te soldeer , dan vra hulle my R2508.00 daarvoor. Hulle het ook 2 verskillende Diagnose rekenaars op die voertuig gekoppel om te sien of daar fout is op die voertuig , wel hulle was onsuksesvol.Ek Moes met n voertuig wat net op 2 cylinders vuur terug ry van Midrand na Witpoortjie.  Praat van n "ripoff" hulle weier om die geld wat ek betaal het tureg te betaal. Ek is nou besig met Klein Eise Hof om te sien of daar nog enige reverdigheid in hierdie land is

Bemarker van 'n Forex Besigheid

Ons is genader deur 'n tele bemarker van 'n Forex besigheid wat 'n afspraak gereel het met 'n konsultant by ons huis(3/06/2011). Die konsultant het vertel hoe maklik kan ons geld maak deur slegs 'n uur of twee per week op die internet te werk. Alles het so rooskleurig gelyk. Direk na die afspraak met die konsultant, waar ons toe ook die pakket gekoop het vir R15500, is ons vir 'n week uitstedig (wat die konsultant geweet het). Die daarop volgende week op die 14de Junie 2011 het 'n persoon van die firma die program op rekenaar kom laai. Daar was 'n probleem want die program kon nie op my man se Apple

rekenaar gelaai word sonder om windows ook te laai nie, wat my man nie wou doen nie en die persoon het aanbeveel dat ons dan 'n ander program van Apple koop wat dit dan moontlik sal maak om die Forex program te kan laai.Die program is toe op my HP rekenaar gelaai. Nooit het ons gedink dat ons op ons oudag met soveel leerwerk sal moet sit nie, die program behels dat jy deur 'n hele klomp modules moet werk - somige terwyl jy lewendig op die internet is en dit alles in engels. Na 'n paar keer se probeer het ek en my man besef dat ons dit nie gaan baasraak nie en die konsultant Maandag oggend 20 Junie 2011 geskakel en gevra dat ons asb die transaksie moet kanseleer, onmiddelik het ek 'n negatiewe gevoel van hom gekry. Hy het egter gese hy sal my terug skakel aangesien hy eers met sy "baas" moet praat.Later die middag het ek ook 'n epos aan die firma gestuur en gevra dat die transaksie gekanseleer moet word. Ons het niks van die firma of konsultant gehoor nie, Dinsdag het ons hom weer geskakel en nou was hy regtig nie vriendelik nie maar het weereens gese dat hy ons sal terug skakel en ook gese dat ons per epos 'n voledige verduideliking moet gee, wat ons ook gedoen het. Woensdag het verby gegaan en ons het niks gehoor nie. Vanoggend het ek probeer om die telebemarker te kontak, sy was nie beskikbaar nie en ek het gevra dat sy my moet terug skakel, later na geen reaksie het ek weer die kantoor geskakel, waarop die dame wat die telefoon beantwoord het, bevestig het dat hulle wel die eposse wat ek geskryf het ontvang het en dat sy sal vra dat die besuurder my sal skakel aangesien hy in vergadering is. Later het ek weer geskakel aangesien ek nog steeds geen terugvoering van hulle gekry het nie en weereens het sy gese sy sal die bestuurder vra om my te skakel - ek wag nog steeds. Wat staan ons te doen, ons is pensionarisse wat regtig nie kan bekostig om hierdie geld te verloor nie