Verbruikers se regte met swak administrasie van dokters rekeninge

Daar was medies behandeling- ligte narkose gegee tydens 'n ondersoek.  Ons het staat van Narkotiese Drs gekry ons moet niks betaal nie en dat dit deur hulle na mediese fonds gestuur is.  Nou 'n jaar later sonder dat hulle in die tussentyd enige rek of korrespondensie met ons gehad het stuur hulle 'n rekening en se ons moet onmiddelik betaal of!!!!
As hul destyds laat weet het daar is 'n probleem kon ons dit onmiddelik met die mediese fonds opgetel het. Die Dr wat die ondersoek gedoen het het ons laat weet en dit was toe 'n misverstand by die mediesefonds oor vooraf toestemming te verleen wat in die geval toe nie nodig was nie.  Die probleem was toe uitgesorteer en die fonds het betaal.
Ons het niks van die nakotiseer gehoor nie en aangeneem dit was vereffen.  As hulle ons laat weet het kon ons die fout opgeneem het met die mediese fonds.  Is dit redelik en wat is ons regte as verbruikers

Deur Marianne

mariannerust@telkomsa.net

 

Geen state of enige kommunikasie van Medshield Oxygen Mediese Fonds

Gedurende Okt 2010 het my moeder gegaan vir bloedtoetse by Lancet.  Ons het egter nooit 'n rekening ontvang of enige kommunikasie vanaf Lancet of mediese fondse (Medshield) nie vir betaling of nie betaling nie.  Gedurende die weet van 05/04/11 ontvang ons toe 'n rekening vanaf Lancet dat dit nog steeds uitstaande is.  Ek het dié rekening na Medshield gemail waarna hulle na my toe teruggekom het en gesê het die rekening gaan nie betaal word nie, want dit is meer as 120 uitstaande.  Ek het Lancet gekontak en met Robin gepraat waarna sy bevestig het dat hul wel dié rekening ingestuur het na Medshield op 17/10/10 vir betaling.  Nog steeds weier die medies om dit te betaal.  Vanaf Medshield Oxygen Mediese Fonds oorgeneem het, het ons eindelikse probleme met hulle - ontvang geen state of enige kommunikasie nie.  Wat staan ons te doen want ek voel dis onregverdig dat my moeder die rekening moet vereffen aangesien die mediese fonds sonder enige verklaring / rede nie die rekening betaal het nie.
Baie dankie
Deur Marinda Smith