DIENS-WAGHONDE
By peter on May 6, 2011 | In Verskaffers en Verbruikers
Het jy te veel betaal of is jy swak behandel- en kla help niks? Wend jou dan tot die instansies.
Of jy nou sukkel met vrot dienslewering en of jou bank of eiendomsagent jou swak behandel, daar kom 'n tyd in die meeste mense se lewe dat hulle moet kla. As verbruiker het jy die reg om swak behandeling aan te meld en gratis te laat ondersoek. Maar by wie kla' n mens?Daar is talle instansies wat regstaan om jou te help; sommige is regeringsliggame, ander is onafhanklike ombudsmanskemas en daar is ook bedryfs verenigings wat swak diensverskaffers in hul geledere help vasvat.
Op versoek van talle lesers plaas ons vandeesweek 'n volledige lys van instansies by wie jy oor swak diens kan gaan aanklop. In hul ondersoek sal hulle na albei kante van die saak kyk, en as hulle bevind jy is te na gekom, kan hulle tussenbeide tree om te sorg dat jy vergoed word. Maar voor jy enige van hulle nader, probeer altyd eers jou probleem by die diensverskaffer self uitstryk. Onthou net om rekords van alle telefoongesprekke en korrespondensie te hou.
LUG JOU GRIEWE BY HIERDIE INSTANSIES
Die Open bare Beskermer ondersoek klagtes teen regerings agentskappe of -beamptes.
0800-11-20-40
Die Ombudsman vir Krediet inligting tree tussenbeide as 'n verbruiker 'n dispuut met 'n krediet verskaffer het.
0860-662-837
Die regering het die Raad vir Eiendoms agentskap sake ingestel om jou belange te beskerm wanneer jy deur 'n eiendomsagent eiendom koop en verkoop. Kla by hulle as jy vermoed 'n agent het die wet of die bedryf se gedragskode oortree.
011-731-5600
Die Vereniging vir Direkte Bemarking kan help as jy moeg is van bemarkings organisasies wat jou lastig val deur jou by voorbeeld met gemorspos te bestook.
011-781-8032
Die Ombudsman vir Langtermynversekering kan bereik word by
021-657-5000 of
Die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Vereniging hanteer klagtes en navrae oor tandartse se behandeling en tariewe.
011-484-5288
Hospitale Klagtes oor openbare hospitale kan by die departement van gesondheid ingedien word.
012-395-9150
Vir privaat hospitale, kontak die Hospitaal vereniging van Suid Afrika by
011-478-0156 of
Die Toerisme graderingsraad van Suid-Afrika hanteer klagtes oor gastehuise, hotelle, bed-en-ontbyt plekke en selfsorg tariewe wat by hulle geregistreer is
011-895-3000
Die Raad vir Mediese Skemas kan dispute met mediese fondse help uitstryk.
0861-123-267
Die Kleinhandel motorbedryforganisasie kyk na oneerlike motor handelaars en swak diens by handelaars of garages.
011-886-6300
U kan ook die volgende (Motor Industry Ombudsman of South Africa)Vir meer inligting, besoek hul webwerf www.miosa.co.za, skakel 0012 841 2945, faks 012 841 2842 of stuur ’n e-pos na mi.ombudsman@netactive.co.za.
Die Ombudsman vir Korttermynversekering ondersoek klagtes teen korttermyn versekeraars wat lede van die Ombudsman vir Korttermynversekering is. Kla altyd eers by die betrokke versekeraar of makelaar.
011-726-8900
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika is die reguleerder vir die Suid-Afrikaanse kommunikasie-, uitsaai en pos dienssektor. Hulle kan help met klagtes oor Telkom en selfoondiensverskaffers.
021-431-9800
Die Beregter vir Pensioenfondse hanteer klagtes oor voorsorgfondse en aftree-annuiteite.
087-942-2700
Die Raad vir Gesondheids beroepe van Suid-Afrika sal jou bystaan met klagtes teen mediese praktisyns.
012-338-9301
Klagtes oor munisipaliteite moet gerig word aan die wyksraadslid van die gebied waar jy woon. Gaan soek jou wyksraadslid se kontakbesonderhede op die betrokke dorp of stad se webtuiste, byvoorbeeld
www.capetown.gov.za of www.joburg.org.za.
Die Nasionale Huisbouers registrasieraad help verbruikers wat 'n dispuut met 'n bouer het.
0800-200-824
http://www.mindm.co.za/www.nhbrc.org/
Die Ombudsman vir Bankdienste - jy moet eers by die betrokke bank kla. As jou probleem dan nog steeds nie opgelos is nie, kan jy die Ombudsman nader. Hulle sal jou klagte-verwysingsnommer asook afskrifte van enige korrespondensie tussen jou en jou bank vra.
011-838-0035
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruikers unie se lede wissel van voorste vroue organisasies 5005 die Nasionale Raad vir Vroue van Suid-Afrika tot liggame 5005 die Vereniging vir Afgetredenes en Pensioentrekkers. Hulle hanteer nie klagtes nie, maar sal jou met raad bystaan oor hoe om jou klagte verder te voer.
012-428-7122
Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer(OCP) tolvry no is 0800 007 081
die nommer vir Johannesburg area is 011 - 355 8000/6/7
BRONNE: WWW.SOUTHAFRICA.lNFO, WWW.NCF.ORG.ZA
Hierdie Inligting is van Huisgenoot verkry.
Vodacom klagtes
* Twitter@vodacom of @vodacom111 – sewe dae van die week.
* Vodacom se Facebook-blad, met ’n puik sosiale-media-kliëntesorgspan wat spesifiek na hierdie soort navrae omsien.
* Die 24-uur-kliëntedienslyn, 0082 111.
* E-pos: customercare@vodacom.co.za.
* Vodacom se webwerf, www. vodacom.co.za.
Indien u iemand wil he wat u moontilk kan help , kontak Linette Retief van Rapport
Linette Retief (verbruikers@rapport.co.za
Skryf vir my…
Mnr. C.P.J. van Zyl van Pretoria skryf: “Hoewel ek Verbruikersvasvat beskou as ’n baie besonderse diens vir verbruikers, is dit nie vir almal toeganklik nie. Baie van die lesers is oud en kan nie die internet bekostig nie. Wat het van die gewone posadres geword?” Meneer van Zyl, julle is meer as welkom om vir my te skryf by: Verbruikersvasvat, Rapport, Posbus 8422, Johannesburg 2000
« LAAT ONS CHRISTENE WAKKER WEES EN MENSE HIEROOR INLIG. | Ek het jou raad nodig.Het n nuwe car gekoop(TATA INDIGO 1.4 DLX S/W)met n 3jaar/100000km waarborg » |