Foutiewe Onderdele
By peter on Nov 26, 2010 | In Koop Van Foutiewe Parte | 2 feedbacks »
VERBRUIKERS EN VERSKAFFERS - ONTHOU HIERDIE DRIE VERBRUIKERSREGTE - EERSDAAGS HIER!
By peter on Feb 7, 2011 | In Verskaffers en Verbruikers | 31 feedbacks »
VERBRUIKERS EN VERSKAFFERS - ONTHOU HIERDIE DRIE VERBRUIKERSREGTE - EERSDAAGS HIER!
Die Verbruikerswet is nou geskeduleer om op 31 Maart 2011 in werking te tree. Wanneer dit gebeur sal verbruikers heelwat regte bykry en nuwe beskerming geniet by die verskaffing van goedere en dienste.
Hierdie beskerming is net van toepassing op -
- Individue, en
- Kleiner regsentiteite, vennootskappe en trusts (voorlopig diegene met bates of jaarlikse omsette van onder R3 miljoen).
Verbruikersbeskerming en verbruikerswetgewing is 'n omvangryke en dinamiese vakgebied. Hou ten minste die volgende drie algemene beginsels in gedagte : -
1. Jy is geregtig daarop dat die goedere wat aan jou verskaf word van 'n goeie kwaltiteit sal wees; redelikerwys geskik vir die doel, sonder gebreke, duursaam en veilig sal wees. Dit beteken dat indien enigiets wat jy aankoop nie werk nie, of gebrekkig is of onveilig is -
a. Mag jy die goedere na die verskaffer terugneem - sonder enige heffing of boete - op die verskaffer se koste en risiko - binne ses maande vanaf die lewering van die produk; en
b. Jy kan van die verskaffer verwag om die aankoopprys aan jou volledig terug te betaal; of om die goedere te vervang of om dit te herstel. Dit is jou keuse ; die verskaffer mag nie aan jou voorskryf watter keuse om uit te oefen nie.
2. Indien jy sou kies dat die item herstel word en die herstelwerk hou nie (beide die onderdele en die arbeid word vir ten minste 3 maande gewaarborg);of indien enige verdere gebreke in hierdie waarborgperiode ontdek word, mag jy die item terugneem en jou geld terugkry of 'n nuwe item ter vervanging ontvang.
3. Waar jy enigiets voortspruitend uit direkte bemarking koop (die verkoper nader jou met die versoek dat jy iets koop), het jy as koper 'n afkoelperiode van 5 besigheidsdae om die transaksie te kanselleer - sonder dat jy vrae oor jou kansellasiebesluit hoef te beantwoord of dit te verduidelik. Die verskaffer het dan 15 besigheidsdae om enige betaling wat jy gemaak het, aan jou terug te betaal.
As verbruiker moet jy jou nie laat intimideer nie - die bepalings van die Verbruikerswet sal ten gunste van die verbruiker gevolg word en vervang enige voorwaardes of bedinge in die ooreenkoms wat in stryd is met die Verbruikerswet.
(Verskaffers: hou in gedagte dat waar 'n verbruikersreg bestaan, daar ook 'n teenoorgestelde verpligting op die verskaffer geplaas word. Hersien dus alle interne dokumentasie en beleide met hierdie as riglyn.)
Kliek Hier